Suid-Afrikaanse wingerdgronde en klimaat

//Suid-Afrikaanse wingerdgronde en klimaat

Suid-Afrikaanse wingerdgronde en klimaat

Geskryf deur Dawid SaaymanKonsultant Grondspesialis, Distell, Stellenbosch 

Op versoek van WOSA, is hierdie artikel in Januarie 2013 vir die Belgiese kwartaallikse wyntydskrif, Tong-about wine, geskryf en in die No. 14/Winter 2012/20 13-uitgawe gepubliseer. Die artikel is deel van ‘n reeks oor die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

Laai die oorspronklike artikel hier af:

Suid-Afrikaanse wingerdgronde en klimaat

Geologie

Die tradisionele Suid-Afrikaanse wingerdbou-gebiede is hoofsaaklik in die kusgebied en in sekere binnelandse gebiede van die Wes-Kaapse Provinsie gelee. Die landskap word deur baie ou geologiese formasies gekenmerk wat vandag steeds duidelik sigbaar is weens volgehoue tektoniese opheffing (waarskynlik weens ‘n pluim warm mantelrots onder die suidelike en sentrale deel van die Afrika-kontinent) en daaropvolgende erosie, wat steil plooigebergtes veroorsaak het wat rofweg parallel met die kuslyn loop, met jonger afsettings in die hoogliggende binnelandse gebiede. Die oudste rotse is die Malmesbury-groep (voorKambriese Namibiaanse tydperk, 980 – 830 Ma) bestaande uit skalie, filliet, skis en grouwak, wat sporadies as voetheuwels en laerliggende golwende voetheuwels in die Stellenbosch- en Somerset-Wes omgewing voorkom en ook ‘n prominente reeks hoe heuwels (Tygerberg) rondom en noord van Durbanville vonn. Hier is dit gebak (verhard) deur die intrusie van warm granietmagma, wat dit meer bestand teen erosie en afplatting gemaak het. Die Malmesbury-afsettings kom ook uitgebreid verder noord in die Swartland-gebied in die omgewing van Malmesbury, Riebeekberg, Moorreesburg en Piketberg voor. Kambriese granietrnagma het sowat 630 – 500 Ma gelede in die Malmesbury-afsettings ingedring en as plutone (koepels) sowat 10 – 15 km onder die destydse landoppervlak gekoaguleer. Deur opheffing van die land en daaropvolgende erosie is hierdie plutone blootgestel of gelykgemaak en toe nogmaals bedek deur die afsettings van diep, sanderige materiale, die hedendaagse Kaapse Super-groep (600 – 425 Ma), bestaande uit sandsteen en skalie. Permiese tot Triassiese
(300 – 200 Ma) orogenie (bergvorming deur tektoniese bewegingsdruk) en daaropvolgende erosie, het tot die hedendaagse Kaapse
Plooiberge gelei, wat min of meer parallel met die suidelike en westelike kuslyne van die Wes-Kaap loop. Erosie het ook die granietintrusies blootgele, wat tans duidelik in verskeie areas waargeneem kan word, soos die basisse van sandsteenberge soos Tafelberg, die berge rondom Somerset-Wes, Stellenbosch en Franschhoek en die berge oos van die Paarl en Wellington. Op ander plekke is hierdie granietplutone duidelik sigbaar as ronde heuwels en lae, koepelagtige berge, soos Bottelary Heuwels, Paarlberg, Paardeberg en ‘n reeks lae heuwels noord van Malmesbury, asook die Darling-reeks hoe heuwels naby die weskus. GeYsoleerde blootgestelde intrusies kom ook langs die suid-westelike kusstrook voor.

Gronde

In die kusstreke het die baie ou geologiese formasies en die lang periodes van blootstelling aan verwering, sonder uitgebreide bedekking deur jonger materie tydens ys- of alluviale tydperke, daartoe gelei dat wingerdbou op van die oudste gesteentes en gronde ter wereld beoefen word. Die gevorderde stand van verwering het gelei tot gronde met
kaolien en seskwi-oksiede (yster- en aluminiumoksiede) as dominante kleiminerale, met ‘n lae uitruilingskapasiteit (3 – 5 cmol kg· l, vergeleke met 10 – 15 cmol kg-I van jonger gronde) en met toenemende suur met diepte «4.0 – 5.0, gemeet in IN KCI), aangesien die meeste katione deur loging verlore gegaan het en vervolgens deur waterstof ione vervang is. Dit is redelik uniek, maar die uitwerking hiervan op wynkarakter vergeleke met gronde met ‘n hoe pH of gronde wat vry kalk bevat, is steeds nie ontrafel nie. Die inhiberende uitwerking van uitermate lae pH op wortelontwikkeling en funksionering is egter goed gedokumenteer en maatreels om die grond pH tot ten minste 5.5 te verhoog deur kalk voor aanplanting met diepbewerking tot dieptes van 1.0 – 1.2 m te inkorporeer, is standaardpraktyk. Sodanige intensiewe diep grondvoorbereiding voor aanplanting is ‘n kenmerk van SuidAfrikaanse wingerdbou en haas sonder weerga elders ter wereld. Die gronde van die binnelandse gebiede anderkant die bergreekse van die kusstrook, soos die Breerivier-vallei, en verder noord langs die Olifants- en Oranjerivier, is nie suur nie en bevat dikwels vry kalk.

Suid-Afrikaanse wingerdgrond is ook berug daarvoor dat dit laag in fosfor is, behalwe vir grond langs die laer lope van die Olifantsrivier. Hierdie beperking word geredeJik reggestel deur voldoende hoeveelhede fosfor tydens diepploeg grondvoorbereidingspraktyke te inkorporeer. Weens die prominente topografiese diversiteit oor kOlt afstande, wissel gronde dienooreeni<omstig, van vlak, rotsagtige gronde op plato’s en steil hellingposisies, tot diep, hoogs verweerde geel- tot rooibruin gronde (oxisols) op die voetheuwels van berge in die Constantia, Stell en bosch, Paarl en Wellington-areas, asook op heuwelreekse in die Durbanville, Malmesbury en Darling-gebiede. Hierdie gronde is die oorblyfsels van ‘n vorige landoppervlak en gronde wat tydens ‘n tropiese era gevorrn is, na raming ongeveer 50 Ma gelede. Op die Malmesbury-skalie en skis in laer landskap posisies word grond met ‘n sterker struktuur en swaarder tekstuur gewoonlik aangetref, dikwels met ‘n duplekskarakter (dubbele grond; sanderige/gruisagtige bolae met ‘n abrupte oorgang na swaar getekstureerde, gestmktureerde ondergrond materie), wat dikwels tot periodieke nattigheid neig. Wanneer sodanige medium groeikrag gronde behoorlik verbeter word, fisiek sowel as chemies, kan hoe gehalte wyne verkry word. In laagliggende en valleiposisies en langs rivierlope kom Kwartemere sedimente voor waarop sanderige tot organiesryke, dikwels hidromorfiese gronde (wat tot versuiping neig) ol1twikkel het. Sulke gronde word gewoonlik nie hoog geag vir gehalte wynproduksie in die kusstrook nie, maar word uitgebreid gebruik in die warmer binnelandse gebiede, soos die Breerivier-vallei en langs die walle van die Olifants- en Oranjerivier vir hoe produksie wingerde, waar die druiwe hoofsaaklik vir stortmaat- en distilleerwyn bestem is. In hierdie binnelandse gebiede kom ook rooibruin gronde, dikwels met kalkreet (verharde kalksteen) en/of duripan (si lika gesementeerde material e) lae in die profiel, op hoerliggende ou terra sse voor en word uitgebreid vir wingerdbou en vrugteproduksie gebruik. Diep grondvoorbereiding is ook op hierdie gronde noodsaaklik om die harde lae op te breek. Wanneer dit behoorlik gedoen word, kan sodanige gronde hoe groeikrag tot gevolg he, maar steeds met ‘n reputasie dat die wyngehalte hier beter as by alluviale gronde is.

Klimaat

Die tradisionele wingerdgebiede aan die kus en aangrensende binneland trek voordeeluit ‘n Mediterreense klimaat, maar is koeler as soortgelyke gebiede by dieselfde breedtegraad in die Noordelike Halfrond. In die kusstrook is dit hoofsaaklik weens die invloed van die nabygelee oseane. Die koue Benguela-stroom vanaf die Suidpool vloei noordwaarts langs die weskus (Atlantiese Oseaan) en die warmer Mosambiek-stroom vanaf die ewenaar (lndiese Oseaan) volg die suidkus in ‘n westelike rigting, totdat die twee strome of oseane mekaar tussen Kaap Agulhas en Kaappunt ontmoet. Die afkoel-effek van heersende winde en briese van hierdie oseane op aanliggende land is wetenskaplik bestudeer en geverifieer. Daar is ‘n ou Kaapse gesegde dat “‘n wingerd wat die see kan sien, is ‘n goeie wingerd” . Dit blyk grootliks waar te wees, gesien die uitstekende kultivarkarakter wat in sulke wingerde verkry word, veral in die geval van telToir sellsitiewe kultivars soos Sauvignon blanc, Semi lion, Shiraz en Pinot noir. Wat temperatuur betref, val die kusstreke, wat gewoonlik nie verder as 30 – 40 km van die see af is nie, oor die algemeen in die Winkler GGD (Groeiende Grade Dae) Streek III, terwyl wingerde nader aan die kus en by hoer liggings in Streek II val. Verder in die binneland en langs rivierlope val die GGD-temperatuur in Streek IV en selfs V. Selfs in die hoer temperatuurstreke, is daar areas terroir wat weens prominente topografiese eienskappe soos hoogte en suidelike tot oostelike aspekte (hellingorientasie) wat koeler toestande induseer, met die regte kultivars en behoorlike bestuur wyne van uitmuntende gehalte kan lewer. Reenval neem gewoonlik afvanaf die kus na die billnelandse areas en van suid na noord. Variasies in die topografie van die Wes-Kaap veroorsaak verder ook dat die reenval baie wissel, met berge en verwante valleie wat gewoonlik hoer reenval as omliggende gebiede ontvallg. Reenval wissel gewoonlik van 400 – 800 mm per jaar, waarvan sowat 30% vroeg in die somer val en bykans niks laat in die somer en tydens die rypwordperiode nie. Dit dwing produsente om winterreen waar moontlik in damme op te gaar en dan die water so os nodig wanneer dit droog is, te gebruik.

Ontwikkeling van wingerdbou

Suid-Afrikaanse wingerdbou het sy ontstaan in die omstreke van die Kaap in 1652 met die aankoms van die VOC (Vereenigde OostIndische Compagnie) se Hollandse setlaars. Die eerste wyn is in 1658 van tuine rondom die fort geproduseer, en die eerste seleksies ten opsigte van wynterroir was waarskynlik in die Constantia, Vergelegen

(Somerset-Wes) en Stellenbosch-areas. Die bedryfhet in die loop van die agtiende eeu stadig uitgebrei, maar uitvoere het dramaties toegeneem weens voorkeurtariewe wat in 1813 deur die destydse Britse besetters van die Kaap ingestel is. Dit bet in die vroee jare 1850 weens gewetenlose uitvoere van minderwaardige gehalte wyne ‘n laagtepunt bereik en beeltemal in duie gestort na die kansellasie van voorkeurtariewe. Die bedryfhet egter weer kop opgetel nadat die filloksera ramp wat in 1886 toegeslaan het, hokgeslaan is, maar teen die einde van die negentiende eeu was oorproduksie aan die orde van die dag, wat tot die stigting van die KWV (Ko-operatiewe Wynbouersvereniging) in 1918 gelei bet. Vervolgens het die KWV produksie gereguleer deur o.a. kwotas vir druiweproduksie uit te reik, boofsaaklik aan gevestigde produsente, wat enige nuwe ongemagtigde aanplantings verbied bet. Hierdie stelsel bet die wynbedtyf deur die moeilike jare vroeg in die twintigste eeu onderhou, maar bet die bedryf ook verboed om na nuwe, hoofsaaklik koeler lokaliteite en areas uit te brei, wat op daat·die stadium reeds geblyk bet potensiaal vir hoe gehalte wyne in te bou. Toe die regulatoriese funksie van die KWV in 1992 afgeskaf is, bet die bedryf in die jare negentig en aan die begin van die een-en-twintigste eeu groot vordering in wingerd- en wynbou gemaak namate nuwe streke ontwikkel is, boofsaaklik aan die kus. Van die mees prominente streke is die Darling-beuwels aan die weskus, waar wingerdbou hoofsaaklik op diep, rooibruin grond wat van graniet afkomstig is, beoefen word, by boogtes van 200 – 350 m met blootstelling aan koel winde vanaf die Atlantiese Oseaan, wat sowat 10 km daarvandaan is. Reenval is relatieflaag (c. 500 mm/jaar), met baie min geleenthede om winterreen op te berg. Droeland produksie is egter haalbaar vanwee die gronde se besondere diepte en hoe waterhouverrnoe. Suid van Stellenboscb en Somerset-Wes is nog ‘n beduidende ontwikkeling, t.w. die bergkom van Elgin, wat voorbeen uitsluitlik ‘n appel- en peerproduserende area was. Dit is ‘n koel gebied, 12 – 20 km vanaf die see gelee, met gemiddelde Februarie- (rypwordstadium) temperature van 19 – 20°C. Gronde is oorwegend ysteragtige gruis op hoogs verweerde, sagte Bokkeveld Groep-skalie, met ‘n ligging van 200 – 300 m bo seespieel en onu·ing deur berge van Tafelberg-sandsteen tot boogtes van ongeveer 500 – I 000 m, wat aan die area beskutting teen die suidoostewinde, wat in die somer dikwels uiters sterk is, bied. Daar is oorgenoeg reenval (c. I 000 mm/jaar), met ‘n goed ontwikkelde infrastruktuur om water vir besproeiing op te gaar, wat in die geval van wingerde seide nodig is. Ander gelokaliseerde aanplantings het verder na die suidooste rondom Walkerbaai en in die Hemel-en-Aarde vallei in die omstreke van Hermanus plaasgevind. Nog verder suidoos is tans ook toonaangewende wingerde by Stanford, Uilenkraal en in die omgewing van Elim. Gronde wissel grootliks, aangesien dit van gesteentes soos skalie, graniet, sandsteen of selfs kalkreet afkomstig is; die vemaamste oorweging bier is die koel klimaat, aangesien die meeste van bierdie aanplantings nie verder as 15 km vanaf die see is nie. Hierdie areas en aanplantings bet onlangs bul eie omvattende gebied van oorsprong gekry, naamlik Kaap Suidkus. Verder binneland toe, in die soeke na koelliggings, kan sporadiese aanplantings aangetrefword in areas wat hoog bo seespieel gelee is, soos Ceres, die Cederberge, Sutherland, die Lange- en Swartberge, waar die gronde baie uiteenlopend en van minder be lang is. Beskerming van oorsprong Die diversiteit van Suid-Afrikaanse wingerd- en wynlandskappe word as ‘n groot bate beskou, wat wyne van beduidende maar uiteeniopende karakter en styl oplewer. Die uitwerking van natuurlike faktore (klirnaat, topografie en grond/geologie) op wynkarakter is sedert 1977 wetenskaplik geverifieer, met opvolgstudies wat boe plioriteit geniet en resultate ter bevestiging daarvan oplewer. Selfs vantevore is besef dat afbakening en die wetlike beskerming van areas van oorsprong belangrik is en erkenning moet geniet, en die Suid-Afrikaanse ‘Wyn van Oorsprong’-skema is in 1973 ingestel, met ‘n Wyn- en Spiritusraad wat die skema moet onderhou, administreer en bestuur. Weens ‘n gebrek aan langtermyn tradisie en ondervinding, veral in nuwe gebiede, is dit die beleid van die Raad om potensiele areas of eenhede van oorsprong op grond van ‘n duidelike patroon van natuurlike faktore afte baken. Dit geskied gewoonlik op versoek van produsente of die bedtyf, wat dan toegelaat word, sonder voorskrifte, om hul eie unieke wyne deur middel van kultivarkeuse, produksiemetodes en wynmaaktegnieke te ontwikkel. Die afbakening van gebiede van oorsprong word algemeen deur die wynbedryf aanvaar, is goed ontwikkel en word streng geadministreer.

Summary

The distinctive and diverse topography and geology of the South African vineyard and wine landscapes, characterised by magnificent sandstone mountains, granite foothill bases, low mountains and prominent ranges of hills, which merge into undulating shale hills, are outstanding natural components and regarded as a great asset. As a result of this diverse topography and geology, even more diverse soil types occur, as well as very diverse meso-climates due to variation in altitude, sunlight interception and exposure to prevailing winds and their effects on temperature and water avai lability. The importance of these natural factors in determining wine character and -style have been realised since tbe establishment of viti-viniculture at the Cape, have since been scientifically verified and today form the basis on which Soutb Africa’s wines of origin areas are identified, demarcated and protected.

2018-01-18T19:33:14+00:00