– Lucille Botha

Sy pad na die landbou het ‘n nederige begin as plaaswerker se seun gehad, maar vandag pluk mnr. Frikkie Jacobs, plaas­bestuurder op een van die Bo­Radyn-boerdery se appel- en peerplase, die vrugte van die er­varing wat hy by vorige werkge­wers, soos die Dutoit Groep en Capespan, opgedoen het.

Onder sy knap hand het pro­duksie op Queen Anne, die plaas wat hy bestuur, binne twee jaar met byna 60% gegroei. Hy is on­der meer in 2015 as Hortgro se Plaasbestuurder van die Jaar aangewys.

“Ons het net die basics begin reg doen, soos om die regte hoe­veelheid misstof en besproeiing op die regte tyd toe te dien, voorkomend plaagbestryding toe te pas, moeilike hellings be­ter te bestuur en snoei-en uit­dunpraktyke te verbeter.”

Hy het baie geloof in presisie­boerdery, daarom werk hy nou saam met Agrimotion om plant­voeding te verbeter en grond­regstellings te maak. DFM se sagteware en vogmeters sorg ook vir goeie besproeiingskedu­lering.

Please click here for the full article.